
…
Saterdag
Antonio Gamoneda
(Fragment)
My gesig stowe in die hande van die blinde beeldhouer.
In die suiwerheid van stil binnepleine dink hy soetweg aan selfmoorde; hy skep ouderdom:
gister en vandag is reeds vermeng in my hart.
· · ·
Die huilende dier lek die skadu’s van jou moeder en jy onthou ‘n ander tyd: daar was niks in die lig nie; jy het net die vreemdheid van die lewe gevoel. Later het die messlyper gekom en sy slang het jou ore binnegedring.
Nou is jy bang, en skielik duisel jy van presiesheid: dieselfde onsigbare fistula resoneer onder jou venster: die messlyper
het aangekom.
Jy hoor die musiek van beperkinge en sien die wenende dier naderkom.
· · ·
[Versión: De Waal Venter]
— — — (más…)





